Cassie & Ida 15 Desember 2012

Cassie en Ida het van vér gekom om by Tramonto hier in George te kom trou. Ida is ‘n sprankel mens met ‘n oog vir detail. Sy het soveel liefde om te gee. Ek het dit gesien in die manier hoe sy vir Cassie haar bruidegom kyk en hoe sy met die perdjies by Tramonto gesels. Ek het julle dag saammet julle geniet! Geniet julle honeymoon en die voorsmakie van julle foto’s!
Liefde Michelle

Cobus Aucamp - December 21, 2012 - 4:58 pm

Stunning foto’s. Lekker troue gewees. Well done tannie Alta. Bly almal was daar vir jou gewees met jou groot dag! Liefde

Durma Loubser - December 25, 2012 - 10:26 am

Wow dit was ‘n ongelooflike mooi dag en troue. Mag julle lewe saam net so mooi en uniek wees. xxxxxx

Annelize Cronje - December 26, 2012 - 10:34 am

Baie geluk julle twee! Julle fotos lyk amazing jammer om julle spesiale dag te gemis het. Mag julle baie gelukkig saam wees. Liefde Annelize en Inigo.

Alta Otto - December 28, 2012 - 8:07 am

Die fotos is regtig pragtig! Ek kan nie help om oor en oor daarna te kyk nie. Dankie! Alta Otto

Wilma Fourie - January 7, 2013 - 11:09 am

Sjoe Michelle, die foto’s is stunning!!! Jy het die mooiste moments gecapture soos altyd! Dis net ‘n plesier om saam met jou te werk! Jy is so goed in wat jy doen! Well done! Ida en Cassie jul het stunning gelyk en dankie dat jul Tramonto gekies het! Dit was so lekker om deel van jul dag te kon wees!

Anneke de Klerk - January 15, 2013 - 1:02 pm

Pragtige foto’s Ida. Baie geluk met julle groot dag en ons is baie spyt ons kon dit nie saam met julle meemaak nie. Alta, jy het jou weer oortref met al die reelings. Die saal lyk sprokiesmooi en die rokke fantasties. Ida, jou pa sou opreg trots op jou gewees het. Pragtig!!
Willem en Anneke de Klerk xx

Marissa Pawson - January 25, 2013 - 4:17 pm

Hi Alta, die foto’s is ongelooflike mooi. Dit lyk soos ‘n “storieboek” troue. Jy kan baie trots wees op jou pragtige dogter. Geluk, vrede, vreugde en voorspoed word vir hul huwelik toegewens. Van al die Pawson’s

Your email is never published or shared. Required fields are marked *

*

*

*