Eduard & Chanelle 16 Desember 2012

Eddie en Chanelle se troue was my 4de troue in 4 dae, so jy sou dink dat ek teen die tyd al bietjie moeg was, maar gladnie so nie! Hierdie twee het my laat voel dit is my af dag! Hulle is so gemaklik en spontaan en lief vir mekaar en vir hulle familie en vriende. Dit was rerig ‘n baie special troue!
Dankie Eddie en Chanelle dat ek julle dag kon deel! Geniet die honeymoon!
Liefde Michelle

Wilma Fourie - January 7, 2013 - 11:15 am

Ek stem heeltemal saam met jou Michelle, hierdie is twee super spesiale mense en om saam met hulle te kon werk was ‘n absolute voorreg! Jou fotos capture hul lifde vir mekaar!! Chanelle en Eddie, jul is twee amazing mense en ek WEET sommer jul gaan ongelooflik gelukkig wees! Dis net wie jul is! Chanelle, jy het asemrowend gelyk! En jou liefde vir almal om jou, jou spesiale glimlag en sagte hart getuig van jou wonderlike menswees! Dankie dat julle Tramonto gekies het! Kom kuier gou weer!

Eddie & chanelle - February 25, 2013 - 12:00 pm

Michelle!!!

Ek weet nie waar om te begin niie!!!! Jou fotos is amazing!!!! Weer eens baie dankie dat jy ons dag soooo perfect vasgevang het!!!
En veral die dele wat ons nie eers gesien het nie!!! ;)

Jy is een uit n miljoen!!! Baie baaaie dankie!!!

Ons gaan versekr jou in die toekoms weer gebruik vir familie fotokis!!!!
Hehe ;)

bAie liefde

Chanelle & Eddie

Your email is never published or shared. Required fields are marked *

*

*