Hilmar & Madalé trou die 14de Desember

Hilmar & Madalé het Vrydag in die Moederkerk in George getrou. Madalé se pa was lank die dominee by die Moederkerk en Madalé het in die pastorie langs die kerk (wat nou die OU PASTORIE gastehuis is) groot geword. Sy het gereel om daar, in haar ma en pa se ou slaapkamer aan te trek en reg te maak vir haar troue. Dit was so spesiaal vir haar en sy het omtrent heimwee gehad en my vir ‘n toer deur die huis geneem om my te wys waar sy as klein dogtertjie donderkamertjie gespeel het saammet haar maats!
Dankie dat ek kon deel wees van julle groot dag!
Liefde Michelle


>> View full post

Your email is never published or shared. Required fields are marked *

*

*