Morné & Sonja se happy day!

Morné en Sonja se troue was een van my mees specialste troues nog! En die rede is geen geheim nie… Morné is ons handsome boeta en Sonja is my hot nuwe skoonsus! WOW! What a day! Sonja het alles tot in die fynste detail beplan en dit het stunning uitgekom! Well done Son! Dit was ‘n fees om julle details en die amazing venue, Langkloof Roses in Wellington, af te neem!
Hulle troudag was gevul met vreugde en liefde en warm sonskyn en romantiese liggies en dans onder die sterre. Ek dink nie hulle sou enige iets wou verander nie. Ek is so bly ek kon die dag so naby aan julle spandeer, dit was vir my ‘n voorreg!
Dankie aan Jenni van Jenni Elizabeth Photography wat hulle onthaal kom afneem het, sodat ek ook iets moois kon aantrek en die partytjie saammet my man kon geniet.
En dankie vir Daniël en Elzette en Elné wat al die pad van George tot in Wellington gery het om hulle DVD te kom neem. Julle is vir ons al deel van die family! Kliek hier om te gaan loer na die video highlight van Morné en Sonja se beautiful dag.
Ek sou aanhou en aanhou om te sé hoe mooi en special dit was… maar ek glo die foto’s sal jul self vertel…
BAIE lief vir julle twee!
M ooxxXXOxx

Morne & Sonja 6 055

>> View full post

Your email is never published or shared. Required fields are marked *

*

*

*