Piérre + Ronell = Misha & Elisha

Ek het gister die voorreg gehad om tyd te spandeer saammet die Ferreiras. Hulle is ‘n pragtige familie, van binne en buite. Hulle liefde & passie vir mekaar en vir die Here is inspirerend & aansteeklik. Ronell is ‘n regte tuiste skepper, haar huis se mure is vol familie foto’s (ek sien uit om te sien hoe my foto’s van hulle ook ‘n pronk plekkie op ‘n muur gaan kry…)
Ek het die tydjie saammet julle so vreeslik baie geniet. Ek en Jaco sien uit na die volgende kuier.
Liefde Michelle


>> View more of these photos in the gallery

Herman & Melanie trou!

Sjoe, ek het so hard gebid voor hierdie troue! Die weervoorspelling vir Albertinia vir die dag was 64mm reénval… Torrential rains! So julle kan imagine dat ek ‘n bietjie nervous was vir die een! Maar nadat Daniel, ons videograaf, my net weer herinner het dat dit my werk is om die dag vas te vang net soos dit gebeur, het ek besef dit sal alles uitwerk soos dit moet. En dit het! Die Here was weereens (net soos altyd) getrou en die reén het opgehou soos wat ons die dag begin shoot het tot nadat die laaste familie foto geneem is!
Herman en Melanie, julle twee is sulke lekker mense! Ons het dit gelove om saammet julle die dag te spandeer!
Geniet mekaar! Michelle


>> View more of these photos in the wedding gallery

Welkom Boetie Baba Thomas!

Ralph & Sanet is seker my mees lojaalste kliénte. Ek het hulle Engagement foto’s, hulle troufoto’s, hulle boepie foto’s en nou hulle eerste baba foto’s geneem. Ek en Jaco is Ladismith toe om hulle nuwe boetie baba, Thomas Salmon op hulle plaas te gaan ontmoet. Sanet is ‘n natuurlike moedertjie en lyk asof sy die ding al jare doen! En nou moet ek nie vergeet om te sé Ralph is self glad nie sleg met hom nie (ek het doeke omruil foto’s om dit te bewys!) Julle is ‘n lieflike, warm familie. Ons het dit so geniet om by julle te kuier. Ek kan nie dink dat Jesus ‘n beter gesin vir Thomas kon kies as julle nie! Geniet die voorsmakie van julle foto’s (ek weet jy kon nie langer wag om dit te sien nie Sanet…) Baie liefde Michelle

>> Kliek hier om meer van Thomas se foto’s te sien

Die GROOT afwagting vir Mishke

Ek het dit sooo baie geniet om vir Ryno en Karen op hulle perde plaas net hier buite George te gaan afneem. Die excitement rondom die nuwe baba dogtertjie wat kom is aansteeklik! Haar hospitaal tassie is so-te-sé gepak, haar kamer is gereed, haar klerekas hang vol van die cuteste pakkies! Almal, self die honde, Rufes en Lollie wag nou net vir haar om haar verskeining te maak! Kom nou Mishke, kom!
Ek het my tydjie saammet julle twee so baie geniet! Sien uit om gou weer te kom, wanneer Mishke hier is!
Liefde Michelle

>> Kliek hier om meer van Ryno & Karen se foto’s te sien

Cilliers & Ilse trou!

Cilliers & Ilse is plat op die aarde mense. Hulle liefde vir mekaar en ander is so ‘n mooi voorbeeld! Hulle het Saterdag in die Moederkerk in George hulle beloftes aan mekaar gemaak en hulle onthaal was by die pragtige Hyatt Hotel in Oubaai. Ek en Daniel het die twee baie geniet. Wat ek die meeste van hulle waardeer het was dat hulle so gemaklik was en dat hulle my as fotograaf vertrou het.
Julle twee moet julle honeymoon vreeslik baie geniet! Hoop julle kry ‘n kansie om gou na julle foto’s te loer!
Michelle

>> KLIEK HIER OM MEER VAN CILLIERS & ILSE SE FOTO’S TE SIEN

Morné & Sonja kuier in George!

Ek love impulsive photo shoots!

Morné (Jaco se oulike boetie) en Sonja (sy oulike meisie) het vir die lang naweek van die Kaap af vir ons kom kuier. Ons het vanmiddag besluit om so ‘n bietjie te gaan rondspeel met my cam… en daar score hulle toe ‘n photo shoot! Ek het dit gelove om julle af te neem! Dankie vir ‘n baie lekker kuier! Kom gou weer! Baie liefde M

 

>> KLIEK HIER OM MEER VAN MORNE & SONJA SE FOTO’S TE SIEN

Boetie - September 24, 2012 - 9:03 pm

Was so lekke om julle hier by ons te he! Ons sien mekaar gou wee. Luva jou phobies is soos altyd op top form!!!!

Peter & Louise trou by Tramonto

Peter en Louise is getroud! Yay!
Julle sal miskien vir Peter en Louise onthou van hulle Engagement foto’s wat ek geneem het (Kliek HIER om weer te gaan loer)
Hierdie twee liefdes duifies (julle sal letterlik hulle liefdes duifies sien) het by Tramonto in George die knoop deurgehaak. Dankie dat ek julle spesiale daggie kon deel. Julle is twee spesiale mense! Geniet die honeymoon in Thailand! m

>> Kliek hier om meer van hulle foto’s te sien

Celebrating Spring!

This short post is just to celebrate spring and the new season that comes with it!
The new wedding season is upon us and I am excited about what is lying ahead. Also… I’m very excited to launch my new website and the new      ‘Michelle Photography’ look. Thank you so much Linda from Mimoa who assisted me in creating the new look.
Looking forward to posting lots of new weddings and shoots! Keep a look out!
Lots of love, Michelle

Jaco - September 5, 2012 - 10:44 pm

Love die fotos gogga