Theroux & Janneke… my laaste troue van 2013

Ek weet my vingers was vinnig op die knoppies met hierdie een … maar vandag was my laaste “offisiele” werksdag van die jaar en ek wou graag hierdie twee lekker mense se foto’s op my blog kry voor ek gaan vakansie hou:)
Theroux en Janneke se troue was my laaste vir 2013 en verseker ‘n hoogtepunt! Hulle twee is al van skooldae af saam en nogsteeds is hulle beste vriende en smoor verlief. Janneke was so ‘n chill bruidjie, sy het nie geworry oor haar rok wat vuil word of dat hulle ‘n paar minute agter schedule was nie, sy was net so bly om mevrou te word. En Theroux het gesorg vir ‘n hele paar baie snaakse oomblikke! Julle troue het verseker nie soos werk gevoel nie… dit het my net weer herhinner hoekom ek love wat ek doen!
Liefde Michelle

Theroux & Janneke 2 (160)

>> View full post

Your email is never published or shared. Required fields are marked *

*

*

*