Wowie! Ek kan nie glo Thomas is al een jaar oud nie! Die vorige keer wat ek hom gesien het was hy maar net ‘n paar daggies oud! (gaan kyk hier na sy newborn foto’s) Hy is ‘n pragtige, baie gelukkige seuntjie! Sy mamma en pappa is ook super opgewonde… want hulle verwag om volgende jaar Maart ‘n maatjie vir hom te gee :o) Ek is net so excited om die nuwe Salmontjie te ontmoet!
Oor die jare het julle vir my soos vriende geraak! Dankie vir julle getroue ondersteuning!
Baie liefde Michelle xxxx
Michelle BAIE BAIE dankie! Jy is die beste ooit! Klein Thomas kyk nou saam na die fotos en kan nie ophou lag vir die lawwe maatjie op die skerm nie!! Dankie dat jy dit elke keer regkry om ons so goed te laat lyk!!! Ons sien uit daarna om jou April te sien met ons nuwe pikkewyntjie!!! Baie liefde