Thomas Salmon

Ralph & Sanet is seker my mees lojaalste kliénte. Ek het hulle Engagement foto’s, hulle troufoto’s, hulle boepie foto’s en nou hulle eerste baba foto’s geneem. Ek en Jaco is Ladismith toe om hulle nuwe boetie baba, Thomas Salmon op hulle plaas te gaan ontmoet. Sanet is ‘n natuurlike moedertjie en lyk asof sy die ding al jare doen! En nou moet ek nie vergeet om te sé Ralph is self glad nie sleg met hom nie (ek het doeke omruil foto’s om dit te bewys!) Julle is ‘n lieflike, warm familie. Ons het dit so geniet om by julle te kuier. Ek kan nie dink dat Jesus ‘n beter gesin vir Thomas kon kies as julle nie! Geniet die voorsmakie van julle foto’s (ek weet jy kon nie langer wag om dit te sien nie Sanet…) Baie liefde Michelle

 

Boetie baba Thomas is nie die enigste baba in die huis nie. Pa Ralph boer met voéls (so hierdie is sommer ‘n klein advertensie vir jou Ralph)

 

sanet salmon - October 15, 2012 - 6:54 pm

Michelle, die fotos is PRAGTIG!!! BAIE BAIE dankie dat jy elke oomblik so mooi vasgevang het!! Ek kyk sommer met nuwe oë na my pragtige seuntjie en wonderlike man! Ek het beslis ‘n mooi gesinnetjie!

michelle - October 15, 2012 - 6:58 pm

Dit is so ‘n groot plesier julle! Ek is so bly ek kan julle mooi gesinnetjie so bederf! Liefde m

Your email is never published or shared. Required fields are marked *

*

*

*