Waldo & Martha trou in Bloemfontein

Martha is ‘n liewe vriendin en ‘n amazing mens. Sy het ‘n huuuuge hart met soveel liefde om te gee! Waldo, jy is ‘n baie gelukkige man om so ‘n vrou op te gespoor het!
Ek en Jaco is Bloemfontein toe om die dag saammet hulle twee te deel. Ek het grootgeword in die Vrystaat, so dit was lekker om terug te gaan na my wortels…
En om die kersie op die koek te sit, het een van my oudste skool vriendinne, Loren, wat ook nou ‘n fotograaf is in Bloemfontein, my kom assisteer vir die ‘newlyweds’photoshoot! Dit was vet pret!!!
Ek besef net weer hoe belangrik goeie vriende is. My hart voel vol na die amazing naweek! Dankie! M*


>> View full post

Your email is never published or shared. Required fields are marked *

*

*