Welkom Boetie Baba Thomas!

Ralph & Sanet is seker my mees lojaalste kliénte. Ek het hulle Engagement foto’s, hulle troufoto’s, hulle boepie foto’s en nou hulle eerste baba foto’s geneem. Ek en Jaco is Ladismith toe om hulle nuwe boetie baba, Thomas Salmon op hulle plaas te gaan ontmoet. Sanet is ‘n natuurlike moedertjie en lyk asof sy die ding al jare doen! En nou moet ek nie vergeet om te sé Ralph is self glad nie sleg met hom nie (ek het doeke omruil foto’s om dit te bewys!) Julle is ‘n lieflike, warm familie. Ons het dit so geniet om by julle te kuier. Ek kan nie dink dat Jesus ‘n beter gesin vir Thomas kon kies as julle nie! Geniet die voorsmakie van julle foto’s (ek weet jy kon nie langer wag om dit te sien nie Sanet…) Baie liefde Michelle

>> Kliek hier om meer van Thomas se foto’s te sien

Your email is never published or shared. Required fields are marked *

*

*

*